Rosa B&B

Oudtshoorn

Geleë in die hart van Oudtshoorn, bied Rosa B&B ál die gerief en rustigheid wat jou hart begeer. Hier het ons iets vir elkeen. Ontspan langs die swembad nadat jy 'n smullekker Suid-Afrikaanse ontbyt geniet het, of raak in die winter snoesig voor die vuurherd met een van ons honderde boeke.

Elke kamer het gratis WiFi, lugverkoeler en/of 'n verhitter.

Ons kamers

Ons pragtige kamers is geskik vir enkellopendes tot families van ses. Elke kamer het toegang tot 'n private badkamer, insluitend drie en-suite. Ons kamers is beskikbaar vanaf R455 per persoon.

bespreek nou

Wat ons bied

Ontbyt

Ontbyt word altyd ingesluit. Geniet smullekker kos met 'n plaaslike gier.

Swembad & Tuin

Geniet ons pragtige tuin of koel lekker af in ons groot swembad. Twee van ons kamers het ook privaat balkonne

Veilige Parkering & Toegang

Ons neem u veiligheid ernstig op. Veilige parkering word verskaf asook persoonlike toegangstoestelle

Gratis Wifi

Daar is gratis vinnige WiFi dwarsdeur die huis

Satelliettelevisie

Alle kamers is toegerus met televisieskerms en DSTV

Lugverkoeling- en verhitting

Verstel die temperatuur net soos jy wil. Ons kan enige weer hanteer.

Toekennings

Aanbeveel op HolidayCheck
Afristay Reisiger se Keuse toekenning
AA Quality Assured hoogs aanbeveel

Aktiwiteite

Wynlande

Die gatstehuis is net 'n kort rit vanaf bekende wynplase soos Boplaas en De Kelder.

Kangogrotte

Diè wêreldbekende grotte bied 'n ongelooflike ervaring

Volstruisplase

Ontmoet 'n volstruis by die bekende volstruisplase van Highgate en Safari

Historiese Middedorp

Een van die oudste dorpe in die land, met pragtige geboue om elke draai. Besoek die ongelooflike Volstruispaleise

Propvol Feeste

Daar is altyd iets om te doen in die dorp, vanaf die KKNK to Karoo Klassique

Karoo Landskap

Asemroewende natuurskoon wag op jou. Berge en woude is albei op jou stoep.

Ouers met babas en kleuters kan gerus wees. Ons verskaf bababedjies speelgoed en privaatheid.

Kontak ons

info@rosabnb.co.za / 10 Vrede St, Oudtshoorn, 6620 / +27 (0) 65 962 2762